Thursday 24 March 2011

Mense moet leer hulle honde stront optel



Vandag was weer een van daai dae wat niks my kon wakker maak nie. ‘n Stormwind het amper my deur uit sy kosein sonder dat ek daarvan weet en 2 minute na ‘n trip na die WC, ukubhetha amanzi, en ‘n sluk water, was ek weer aan die slaap. Daar was seker geen rede vir my om moeg te wees nie, maar die general idee dat ek op vakansie is en die eerste bietjie koue weer na ‘n laaaaaang somer het my dieper in ‘n trans gesit as die down na ’ n mal Dubstep-“wundertafel” aand.

Nway... Die oggend het toe finally begin na 5 miss calls van Koko en ‘n : “Ek weet nie waar my boys is nie, wil jy my vandag help met die tuine” – ha! 5 minute daarna was ek steeds ‘n MP en toe se ek maar ja. Dis seker maar waarvoor jy vriende het, ne – maar wag, nou skuld jy my een!

Ek hou my lyf toe tuinboy met Koko se swaar geboorde grasmasjien en ander obvious tools wat tuindienste het – al verskil is, Koko se humeur moes hom al paar keer in die steek gelaat het, want niks se aan/af switches werk meer nie!

Dis juis met die 2de tuin wat my toe laat dink het aan vandag se topic, want damn.. Ekt ‘n paar vuil tuine vandag gesien met een ding in gemeen. Ffffackit...

Mense moet regtig leer om hulle honde se stront op te tel. So tussen die geraas van die petrol weedeater en die stotery, dink ek toe bietjie aan hoe party mense is.

Sou die mense hulle babas se doeke vuil los? Nee, wel, ek hoop nie so nie. Skuit jy in die tuin of in die toilet? In die toilet! Hoekom? Want jy wil nie in jou eie kak vaskyk en dit heeltyd ryk nie! Ek meen, watse selfrespek het jy as jou hele huis vrot na kak? Wat moet die arme tuindienste van jou dink? Wat moet vriende, wat kom kuier (as jy dit ooit het),dink? Ek lief my diere en my hond slaap in my kamer, maar hoe moet jou hond voel? Wys bietjie liefde man!

Kyk, eks seker almal is mos vreeslik besig, maar dis ‘n kak (pun totally intended) rede om nie jou stront op te tel nie. Trek aan jou handskoentjie, vat ‘n graaf of koop ‘n poop-scooper, maar tel op jou dubbelsinnige metaforiese kak  en wees verantwoordelik met jou verantwoordelikhede. Do you know what - gaan vat jou hond eerder vir ‘n walk... So sal jou dik luigat bietjie oefening kry en jou hond sal 10-to-1 in ‘n ander tuin poef . Solank jou hond net nie in my tuin of langs my kamp poef nie, sal ek nie moan, vir jou klap, of blog daaroor nie!