Thursday 28 April 2011

"Dag 3 van 50"



Jaja, so It’s been awhile… Cleavage day was toe disappointing, maar nietemin fun! Die aand daarna… wel… DIT was groot – so groot dat ek toe actually besluit het om op te hou drink.

Maar nou moet ek eers iets regstel. Ek moet dit regstel, want ‘n dag nadat ek besluit het om op te hou drink, was daar vir my gese: “Ek dog jy het al laasweek opgehou drink”  - seker maar te blame op my blog “Ek drink nooit meer nie”. Ek het actually nie bedoel om op te hou drink nie, maar net gepraat oor die saga en populariteit rondom daai woorde.

Nway... My Saterdag het heel goed begin. Dammetjie was al vol van die vorige aand en rugby op die tv kan mos nie beter sonder ‘n vars-koue branna. Ek kuier toe by Derek se huis, net ek en hy (oh, en Jaco) en polish toe maar ‘n bottel met 3blikkies coke – toe boer ons mos lekker! Na die rugby bevind ons toe vir ons by WJ se huis  en toe kamp ons mos lekker – dis juis daar wat die kak begin het.

Eastwoods is mos altyd op my pad huistoe en jagermeister was in my hand geprop. Siesa!!! Bleh!!! Kots!!! – maar daai aand was dit MMMmmmmm!!! Smaak soos nog! Daai aand toe drop ek vir Jaco af by sy huis sonder sy sleutels en hy moes toe bietjie buite slaap.

Toe ek die volgende middag wakker raak toe was dit perfekte weer vir Blue Peter en my lus vir ‘n R30 Guinness draft kon ek nie keer nie. Bahahahaha. Ek hoor toe Derek het die vorige aand mos in Eastwoods se badkamer “gaan rus” – oh, lekker het ek gelag, maar net daar kry ek toe ‘n oproep. “Rihan, jy het gisteraand 3keer in my kar vasgery” – Toes my story of shame erger as Derek s’n. Dis TOE wat ek besluit het: NA vanaand se kuier, sal ek maar ophou drink.

Ek en Chris besluit toe, ons gaan 40/45 dae sonder drank gaan (wel, Chris se idee gewees), maar dit het goed geklink. Koko join ons toe met die ophou drink storie. Julle sou dalk op facebook ons countdown gesien het. Ek moet se, baie mense het gese hulle is trots op my, maar meeste het gese ek gaan dit nie kan doen nie – dankie aan al my goeie vriende wat my nie kon support nie!

Teen dag 2 was dit al erg!  Lang naweek sou die volgende dag begin, en ek het ‘n troue gehad die Saterdag waarna ek al maande lank uitsien and it was torture!

Miskien is ek verkeerd, maar daai tyd wat ek opgehou drink het, het mense goed begin doen wat die kak uit my geirriteer het. Soos wanneer iemand na sy arm wys wanneer hy my vra hoe laat dit is. Ek weet waar my horlosie is, pel – waar de fok is joune? Wys ek na my zobber as ek vra waar die toilet is??
Of soos wanneer iemand van sy stoel af opstaan en die hele donnerse kamer vol soek na die remote. Stap na die freaking tv, stel die volume op en kom sit op jou gat!! En as die drol dan die remote kry sal hy se: “Dis altyd op die laaste plek waar jy soek.” NATUURLIK KRY JY DIT OP DIE LAASTE PLEK WAAR JY SOEK!!! Watter idiot sal nou aanhou fokken soek as jy die ding klaar gekry het?

En as jy in ‘n fliek sit en iemand vra: “het jy dit gesien?“ NEE DUMBASS! Ek het R45 betaal om na die fliek se vloer te kom staar!!! Of as iemand vra : “Kan ek jou gou ‘n vraag vra?” Wil jy  dan nog ‘n fokken vraag vra, want jy’t my mos nou al klaar ‘n vraag gevra!!!

En dan se ‘n ou “jy sal my nie glo nie maar ek het 10kg verloor” Ag FORFUCKSAKES, vertel my dan iets wat ek sal glo! Of wanneer hierdie advertensie-etters iets adverteer as: “New and improved”. Wat is dit nou eintlik??? As iets nuut is, was daar mos nie iets voor dit nie, en as dit “improved” is, moes daar mos iets gewees het waarop “geimprove” is. So hoe die fok kan dit nou “new” EN “improved” wees??? Of as iemand se: Die lewe is kort. KAK MAN!!! Dis die langste fokken ding wat jy ooit sal beleef!!! Wat gaan jy doen wat langer as dit is???

Dan kry jy ‘n bekende wat jou raakloop by Newlands of by KKNK of whatever en hy/sy vra:  “Wat maak jy hier??” Ek het net gou kom kak en jy?

Raai wat??? Ek het weer begin drink!! Nie ek, Koko of Chris kon toe langer as 3 dae uithou nie.

(P.S. Ek het darem geen skade aan my of enige iemand se kar aangerig nie! Dit was alles net scare-tactics.)

Friday 15 April 2011

‘n LEGIT rede om na boobs te staar


In my vorige blog het ek gepraat van sekere dae en feeste wat ek letterlik vir niks sal mis nie en vandag is defnitief een van daai dae. (. Y .)day! Chest out, stomach in...

National Cleavage day word al elke jaar, sedert 2002 gehou en is die brainchild van ‘n company wat deel is van elke ‘straight’ laerskoolseun se fantasy – Kan jy raai…? Jaja, Wonderbra. (I LOVE YOU WONDERBRA!!!!!!!!!!)

Noem my sexist, of noem my spils, maar vir my is dit, soos Theann sê,  elke dag cleavage day. Nietemin, ek sal dit haat om ‘n geleentheid om al die pragtige bustes te eer, te mis. After all – as niemand dit gaan celebrate nie, dan gaan dit mos doodloop!

Ek wil hiermee vir elke vrou uitnooi om vandag te dedicate aan jou boobs. Gaan celebrate jou vroulikheid, jou vertroue, jou sexiness en kyk hoeveel vryheid en magdom jy actually het. Maak die meeste van dit en gebruik dit – al is dit net om ‘n dop te kry by ‘n ou wat jou admire.

Die perfekte manier om die week af te sluit en om die meeste van vandag te maak, sal natuurlik wees om na werk Slug n Lettuce toe te gaan gevolg met Eastwoods - Sien julle dalk daar


Wednesday 13 April 2011

"Ek drink nooit weer nie"


Kyk, soos baie van my vriende weet, is daar ‘n paar feeste elke jaar wat ek vir geen kuier sal mis nie!
St.Patty's day – JA, en ek weet Donia sal saam my stem. Wat is dan nou lekkerder as ‘n Guinness op St. Patty’s day?
Lagoonfees – en dan natuurlik Jaco se verjaarsdag.
KKNK – en al die BBP(VIP) aandag.
Olyffees – saam Dirkie, Le-Lue, Henk en obviously laatnag kuiers by At’s.
Wacky Wine – want Robertson het mos die beste wyne IN DIE WERELD!

Hierdie is maar net ‘n paar feeste wat vir my selfs meer belangriker is as my verjaarsdag – no jokes!

Wag voor ek aangaan met my storie, hahaha , bars ek sommer alklaar uit in die lag toe ek dink aan Olyffees 2010. Na ‘n laaang dag vol wyn, nog wyn… en nog ‘n bietjie wyn, ‘n branna of 3 en ‘n VodcaPowerPlay special was dit tyd om At’s toe te gaan. Nou vir die van julle wat nie vir At’s ken nie – dis soos Players pub in Parow, maar net in Malmesbury, sonder die rugbyveld en oumense. Wel, lang-storie-kort, Henk (wat basically ‘n local is) is amper geban van die plek omdat ek en hy besluit het dis ‘n goeie idee om 6 flares in die parking lot te skiet en met ‘n smoke flare in die plek in te hardloop. Ai!!! Hoe kan ek hierdie opsom? Mmm… DRANK!

Nway…Hierdie jaar was die 13de KKNK en dit is al iets soos ‘n tradisie vir my, aangesien ek al 11 jaar in ‘n ry daar was. Ek sou amper nie hierdie jaar gegaan het nie , want swot is vir die voels, (apparently vir my ook), dit was Ingeneursweek en ek het ‘n moerse navorsingsprojek wat ek moes inhandig.

Ok… soos enige goeie storie, gaan ek gou eers achronologies terug in tyd. Hierdie single lyf was mos ‘n judge by Mnr en Mej Durbanville, vroeer die jaar, en ek ontmoet toe ‘n baie oulike meisie wat toe langs my sit en judge – nee, ek praat nie van Roxy Louw nie, maar ek’t haar ook ontmoet. Hierdie oulike meisie is ‘n sanger en sy sing toe by KKNK en al wat Rihan wou doen is KKNK toe. Right…Rihan:  “Dirkie, wil jy KKNK toe?” Dirkie: “Ja, awe! Roadtrip!”

Teen Sondagaand kon nie slaap nie. ‘n Kombinasie van hitte en uiterste opgewondenheid het my oorval… dit was KKNK, Ashton kon vir Demi sien en awe, Roadtrip saam Dirkie. – BTW DIRKIE – EK SKULD JOU!!. Toe die son opkom Maandagoggend was ek pretty much gereed om te loop na die KKNK, maar Dirkie moes nog paalspring en ons kon eers 7uur die aand ry. So what…. ROADTRIP!!

4 Ure later stop ons toe by my favourite bar in Grootbrak, Mc Nasty’s, vir ‘n branna en om die laaaaang, verskiklike kak en donker pad af te sluit. Ons crash toe die aand by bestman, Chris en Dinsdagoggend vroeg sou ons die laaste 70km vat KKNK toe. YAY!!!

KKNK was mal! Baie minder mense hierdie jaar as in die verlede, maar nogsteeds befok! Ons kry toe maar weer ons BBP kaartjies en spandeer toe maar die res van die dag in die ABSA wynsaal J Die aand was eintlik die hoogtepunt! Huisgenoot Aandverhoog Backstage!! Platters kos en drank vir ‘n koshuis rugbyspan – als mahala!

Onthou ek het nounou gepraat van lagoonfees? Wel, Ek en Reynardt Hugo, (Dr.Tertius Jonker van Binnelanders) kuier maar altyd as ons mekaar raakloop en gewoontlik so 5 doppe te veel. Dieselfde storie by Lagoonfees, as by KKNK, na heeldag se kuier, loop ek toe vir Reynardt raak. Reynardt : “hey buddy! Brandewyn?” Rihan: “ag as jy so aanhou, why not”
Dit ontaard toe alweer in ‘n gesuipery. Wat sê hulle van drink? Drink sonder ys is ‘n gesuipery, en ek haat ‘n gesuipery!

Ek eindig toe die aand op in Al Capone (Big ups to Michael Woodland for setting me up with the VIP tickets! Thanks, Mike!) – dis die club waar al die Celebs en BBP’s kuier en dit is nou waar ek my storie gaan kort knip, want dis die laaste wat ek kan onthou. Dit en Demi wat vir Ashton sê, “hou op aan my ass vat”. Demi praat nounog nie met my nie.

‘n Baie goeie vriend het vir my baie goeie advies gegee: “MOET NIE KKNK TOE GAAN AGTER ‘N MEISIE NIE”, en “FANTA VIR JOU, RIHAN”. 

Ek wens party keer ek het geweet wat ek nou weet, maar ongelukkig kan ek nie time-travel nie. Daar's soveel goed wat ek anders sou doen en minder oor spyt wees. Party keer is die hangover kopseer net nie genoeg nie, want ons sukkel nounog om te leer uit ons foute. Daai volgende oggend het ek daai famous saying gesê: “Ek drink nooit weer nie”