Thursday, 22 September 2016

A story about love


Ek moet bieg, maar ek vind die sielkunde rondom die mens en verhoudings baie fasinerend en nes die kosmos, glo ek - there is still much that remains to be discovered. Van kleins af word daar vir jou "waardes" en "morale" geleer; die "reg" en "verkeerd" van wat sosiaal aanvaarbaar is. Ek plaas hierdie woorde in aanhalingstekens, want dit (wat meeste mense as standaard-optrede sou noem) was lank terug deur iemand uitgedink (opgemaak om dit verder te vat) nes die term daarvoor in 'n woordeboek. Van generasie tot generasie word hierdie "gelowe" of moraliteit oorvertel en oorvertel - en ek kan nie help om te dink aan hoe ons, as kind, telefoontjie gespeel het en hoe verkeerd die boodskap nou al oorgedra kon wees nie... after all, die boodskap kom al eeue saam. 

Nou, wat is normaal en wie het die outoriteit om daaroor te besluit. God? Ek gaan eerder nie nou oor Godsdiens praat nie, want dit is 'n reeks-blog (is daar so 'n woord?) op sy eie. 

Om terug te kom by die sielkunde van wat ons mense as "standaard" beskou en om dit eenvoudig te hou, gaan ek dit vergelyk met die engelse uitdrukking: "monkey see, monkey do" - want die aap weet nie hoekom hy doen wat hy doen nie. Om my punt beter te maak, moet ek eers bietjie verduidelik. Hierdie bekende sosiale eksperiment gaan so:

'n Groep wetenskaplikes het vyf ape in 'n hok geplaas en in die middel was 'n leer met piesangs bo-op. Elke keer as 'n aap teen die leer opgeklim het om die piesangs te kry, het daar koue water uit die dak oor die res van die ape geval. Na 'n ruk, elke keer as 'n aap die leer begin klim, dan word hy afgetrek deur die ander en (quite frankly) gemoer. Binnekort wou geen ape dit durf om die leer te klim nie - maak nie saak hoe groot die versoeking nie. (Onthou hierdie sin vir later)
Die wetenskaplikes het toe besluit om een ​​van die ape te vervang. Die eerste ding wat hierdie nuwe aap gedoen het, was om die leer te klim. Onmiddellik het die ander hom afgetrek en geslaan.
Na 'n paar donner-sessies, het die nuwe aap nooit weer die leer probeer klim nie - tog is hy glad nie bewus van die rede hoekom aangerand word nie. 

'n Tweede aap was vervang en dieselfde het gebeur.... hierdie keer het selfs die eerste aap die tweede aangerand. 'n Derde aap-verandering en dieselfde word herhaal. Die vierde en vyfde word toe ook uiteindelik vervang. Wat oorgebly het was 'n groep van vyf ape wat, sonder dat hulle al ooit 'n koue stort ontvang het, voortgegaan het mekaar aan te rand sodra iemand nuuts dit poog om die leer te klim. 

As dit moontlik sou wees om die ape te vra waarom hulle almal wat probeer het om die leer te klim, slaan, sou hul mees waarskynlike antwoord die volgende wees: "Ek weet nie. Dis net hoe dinge hier rond gedoen word."

Is dit hoekom ons doen wat ons doen? Is ons almal net klomp ape wat vir generasies aanhou doen wat ons doen, want "dis net hoe dinge hier rond gedoen word"? Die idee van monogamie - is dit dalk iets wat ons moet vat en soos die engelsman sou sê "take it back to the drawing board"? 

In my opinie om monogamie met moraliteit te verwar, het die mensdom se gewete al meer vernietig as as enige ander fout.

Mo-no-ga-mie’ s.nw. Huwelik van een man met een vrou op ‘n keer; by diere , besit van een mannetjie of wyfie op ‘n keer; teenoor poligamie. [G. mono + gamos huwelik ] monogamis’.

Great. Voor iemand skrik, aannames maak en my beskuldig van ateïsme of dat ek my "partner" al (of sal) verneuk... laat ek jou gerusstel. Ek glo aan monogamie emosioneel en seksueel as 'n pakket. Ek glo nog kinderlik daarin. Kinderlik; ek hou van hierdie woord, want dit verduidelik so mooi hoe jy onvoorwaardelik iets kan glo, nes 'n 4 jarige oor Kersfeesvader voel, maar dis juis hierdie een geloof wat ek vir my talle mislukte verhoudings sal blameer. Dit en nog 'n aaklige sielkundige probleem van "the heart wants what it can't have".

Ek het al talle verhoudings gehad wat nerens gegaan het nie - alhoewel ek al op 'n stadium gedink het dat ek vervloek is, het ek nou eers, op die ouderdom van 29, besef dat die skuld eintlik net by my lê. Hierdie is nie ek wat Jannie-jammergat speel nie, maar 'n ek wat nou eers verstaan dat ek met verkeerde brille na die wêreld kyk. 

Vir 'n verhouding om te werk, moet ek my idees oor hoe 'n verhouding moet wees, verander - hierdie selfde idees wat geïndoktrineerd word deur ons ouers, voorouers, vriende, hollywood en die samelewing oor hoe dinge moet wees. Daar word 'n prentjie geskep van hoe 'n gelukkige mens moet lyk en hoe hy/sy sy/haar lewe moet lei. Speel as 'n kind, leer as jong volwassene, kry 'n partner, bly monogaam, teel aan, speel telefoontjie met jou kinders en so begin die sirkel weer van vooraf. Ek sê nie hierdie storie is verkeerd nie, maar daar kort nog karakters. 

Hierdie Goue Reeks met Vader, Moeder, Boet, Saartjie en buks hul hond werk vir baie mense en thats good for you, maar my naam is Rihan... kan ek nie maar my eie storie skryf nie?

My verhoudings het gewoontlik rondom maand 3 geëindig - die meisie het of belangstelling verloor, ek het verveeld geraak of ek het gevoel iets kort. Onthou die storie van die ape? Wel, die ape het nie geval vir die dodelike versoeking nie, al wou hul, want hulle het geglo dit is verkeerd en hul gaan gestraf word. Eerder om dan iemand te verneek, hetsy seksueel of emosioneel (onthou ek het gesê ek glo aan monogamie), los ek dan eerder die persoon... en so raak ek dan oornag die d**s in die verhaal. Ek het wel 'n 4 jaar verhouding eenkeer gehad, maar dit was daai bekende geval van "the heart wants what it can't have". Ek het te lank geglo dinge sal beter gaan en ek het te lank probeer baklei vir daai ietsie wat ek gevoel het kort in ons verhouding. Dis waar ek besef het, ek is besig om my eie storie te skryf.

So wat sê ek nou eintlik? Ek weet self nie, maar wat ek wel weet is dat ek nie alles in die lewe kan aanvaar vir hoe dit "moet" wees nie en so hoef ander ook nie. As die storie van Boet en Saartjie vir jou werk, mooi vir jou. Indien nie, don't stress. It's okay to be different - moenie bang wees om anders te wees nie. Kyk met ander brille na die wêreld, vra vrae, filosofeer bietjie, doen dinge anders, wees eerlik met mekaar en doen wat vir jou gelukkig maak. 

Is dit dan nie waaroor die lewe gaan nie?

4 comments:

Anonymous said...

Foei tog. Jy het nog baie om te leer. Ja, dis ons elkeen se keuse of ons monogaam wil wees en 'n man is glo geskape om nie so te wees nie. Dit maak nie saak of jy dink ons kies sekere gedrag omdat ons geïndoktrineer is nie. Ons het juis die vermoë gekry om ons verstand te gebruik en self te kies. Ek wil die woord VERSTAND beklemtoon en daardie VERSTAND sit bo in jou kop.

Anonymous said...

It makes you think... Die term gay en die gevoelens rondom gay mense en dat dit verkeerd is, is ook redelik 'n onlangse ding. Hoekom is dit verkeerd? Oor dit nie, soos jy noem, "normaal" is nie? Die Romeine het destyds gereeld seks gehad met mans vir plesier - daar was toe niks verkeerd daarmee nie

Rihan Kleyn said...

Dis die wonderlike ding... elkeen is geregtig op hul eie opinie, ne

Anonymous said...

Wow. Ek is stom geslaan! Dankie vir jou blogs! Dit gee my regtig nuwe insig! Vergeet negatiewe kommentaar!