Wednesday 13 April 2011

"Ek drink nooit weer nie"


Kyk, soos baie van my vriende weet, is daar ‘n paar feeste elke jaar wat ek vir geen kuier sal mis nie!
St.Patty's day – JA, en ek weet Donia sal saam my stem. Wat is dan nou lekkerder as ‘n Guinness op St. Patty’s day?
Lagoonfees – en dan natuurlik Jaco se verjaarsdag.
KKNK – en al die BBP(VIP) aandag.
Olyffees – saam Dirkie, Le-Lue, Henk en obviously laatnag kuiers by At’s.
Wacky Wine – want Robertson het mos die beste wyne IN DIE WERELD!

Hierdie is maar net ‘n paar feeste wat vir my selfs meer belangriker is as my verjaarsdag – no jokes!

Wag voor ek aangaan met my storie, hahaha , bars ek sommer alklaar uit in die lag toe ek dink aan Olyffees 2010. Na ‘n laaang dag vol wyn, nog wyn… en nog ‘n bietjie wyn, ‘n branna of 3 en ‘n VodcaPowerPlay special was dit tyd om At’s toe te gaan. Nou vir die van julle wat nie vir At’s ken nie – dis soos Players pub in Parow, maar net in Malmesbury, sonder die rugbyveld en oumense. Wel, lang-storie-kort, Henk (wat basically ‘n local is) is amper geban van die plek omdat ek en hy besluit het dis ‘n goeie idee om 6 flares in die parking lot te skiet en met ‘n smoke flare in die plek in te hardloop. Ai!!! Hoe kan ek hierdie opsom? Mmm… DRANK!

Nway…Hierdie jaar was die 13de KKNK en dit is al iets soos ‘n tradisie vir my, aangesien ek al 11 jaar in ‘n ry daar was. Ek sou amper nie hierdie jaar gegaan het nie , want swot is vir die voels, (apparently vir my ook), dit was Ingeneursweek en ek het ‘n moerse navorsingsprojek wat ek moes inhandig.

Ok… soos enige goeie storie, gaan ek gou eers achronologies terug in tyd. Hierdie single lyf was mos ‘n judge by Mnr en Mej Durbanville, vroeer die jaar, en ek ontmoet toe ‘n baie oulike meisie wat toe langs my sit en judge – nee, ek praat nie van Roxy Louw nie, maar ek’t haar ook ontmoet. Hierdie oulike meisie is ‘n sanger en sy sing toe by KKNK en al wat Rihan wou doen is KKNK toe. Right…Rihan:  “Dirkie, wil jy KKNK toe?” Dirkie: “Ja, awe! Roadtrip!”

Teen Sondagaand kon nie slaap nie. ‘n Kombinasie van hitte en uiterste opgewondenheid het my oorval… dit was KKNK, Ashton kon vir Demi sien en awe, Roadtrip saam Dirkie. – BTW DIRKIE – EK SKULD JOU!!. Toe die son opkom Maandagoggend was ek pretty much gereed om te loop na die KKNK, maar Dirkie moes nog paalspring en ons kon eers 7uur die aand ry. So what…. ROADTRIP!!

4 Ure later stop ons toe by my favourite bar in Grootbrak, Mc Nasty’s, vir ‘n branna en om die laaaaang, verskiklike kak en donker pad af te sluit. Ons crash toe die aand by bestman, Chris en Dinsdagoggend vroeg sou ons die laaste 70km vat KKNK toe. YAY!!!

KKNK was mal! Baie minder mense hierdie jaar as in die verlede, maar nogsteeds befok! Ons kry toe maar weer ons BBP kaartjies en spandeer toe maar die res van die dag in die ABSA wynsaal J Die aand was eintlik die hoogtepunt! Huisgenoot Aandverhoog Backstage!! Platters kos en drank vir ‘n koshuis rugbyspan – als mahala!

Onthou ek het nounou gepraat van lagoonfees? Wel, Ek en Reynardt Hugo, (Dr.Tertius Jonker van Binnelanders) kuier maar altyd as ons mekaar raakloop en gewoontlik so 5 doppe te veel. Dieselfde storie by Lagoonfees, as by KKNK, na heeldag se kuier, loop ek toe vir Reynardt raak. Reynardt : “hey buddy! Brandewyn?” Rihan: “ag as jy so aanhou, why not”
Dit ontaard toe alweer in ‘n gesuipery. Wat sê hulle van drink? Drink sonder ys is ‘n gesuipery, en ek haat ‘n gesuipery!

Ek eindig toe die aand op in Al Capone (Big ups to Michael Woodland for setting me up with the VIP tickets! Thanks, Mike!) – dis die club waar al die Celebs en BBP’s kuier en dit is nou waar ek my storie gaan kort knip, want dis die laaste wat ek kan onthou. Dit en Demi wat vir Ashton sê, “hou op aan my ass vat”. Demi praat nounog nie met my nie.

‘n Baie goeie vriend het vir my baie goeie advies gegee: “MOET NIE KKNK TOE GAAN AGTER ‘N MEISIE NIE”, en “FANTA VIR JOU, RIHAN”. 

Ek wens party keer ek het geweet wat ek nou weet, maar ongelukkig kan ek nie time-travel nie. Daar's soveel goed wat ek anders sou doen en minder oor spyt wees. Party keer is die hangover kopseer net nie genoeg nie, want ons sukkel nounog om te leer uit ons foute. Daai volgende oggend het ek daai famous saying gesê: “Ek drink nooit weer nie”

2 comments:

Chris de Witt said...

Ek wil net hier byvoeg: Wack Wine, gaan loop!!! Wanneer is dit hierdie jaar? Ek ry nie weer plaas toe nie, want ek kan dit nie onthou nie!

en...TAG: WITWYN

blixem said...

EK het net 3 goedjies om te se,

1sten as ek dit reg het is whacky wine 1ste naweek in junie.

2dens Rihan ek dink ons almal hou van FANTA maar jy weet van FANTA veel ook ne.

3dens Ek sien toe mos die sign in Bosa Nova, "I don't trust camels or anyone else who can go a week without drinking..

Nuff said.. sjoe dit was close.