Thursday 28 April 2011

"Dag 3 van 50"



Jaja, so It’s been awhile… Cleavage day was toe disappointing, maar nietemin fun! Die aand daarna… wel… DIT was groot – so groot dat ek toe actually besluit het om op te hou drink.

Maar nou moet ek eers iets regstel. Ek moet dit regstel, want ‘n dag nadat ek besluit het om op te hou drink, was daar vir my gese: “Ek dog jy het al laasweek opgehou drink”  - seker maar te blame op my blog “Ek drink nooit meer nie”. Ek het actually nie bedoel om op te hou drink nie, maar net gepraat oor die saga en populariteit rondom daai woorde.

Nway... My Saterdag het heel goed begin. Dammetjie was al vol van die vorige aand en rugby op die tv kan mos nie beter sonder ‘n vars-koue branna. Ek kuier toe by Derek se huis, net ek en hy (oh, en Jaco) en polish toe maar ‘n bottel met 3blikkies coke – toe boer ons mos lekker! Na die rugby bevind ons toe vir ons by WJ se huis  en toe kamp ons mos lekker – dis juis daar wat die kak begin het.

Eastwoods is mos altyd op my pad huistoe en jagermeister was in my hand geprop. Siesa!!! Bleh!!! Kots!!! – maar daai aand was dit MMMmmmmm!!! Smaak soos nog! Daai aand toe drop ek vir Jaco af by sy huis sonder sy sleutels en hy moes toe bietjie buite slaap.

Toe ek die volgende middag wakker raak toe was dit perfekte weer vir Blue Peter en my lus vir ‘n R30 Guinness draft kon ek nie keer nie. Bahahahaha. Ek hoor toe Derek het die vorige aand mos in Eastwoods se badkamer “gaan rus” – oh, lekker het ek gelag, maar net daar kry ek toe ‘n oproep. “Rihan, jy het gisteraand 3keer in my kar vasgery” – Toes my story of shame erger as Derek s’n. Dis TOE wat ek besluit het: NA vanaand se kuier, sal ek maar ophou drink.

Ek en Chris besluit toe, ons gaan 40/45 dae sonder drank gaan (wel, Chris se idee gewees), maar dit het goed geklink. Koko join ons toe met die ophou drink storie. Julle sou dalk op facebook ons countdown gesien het. Ek moet se, baie mense het gese hulle is trots op my, maar meeste het gese ek gaan dit nie kan doen nie – dankie aan al my goeie vriende wat my nie kon support nie!

Teen dag 2 was dit al erg!  Lang naweek sou die volgende dag begin, en ek het ‘n troue gehad die Saterdag waarna ek al maande lank uitsien and it was torture!

Miskien is ek verkeerd, maar daai tyd wat ek opgehou drink het, het mense goed begin doen wat die kak uit my geirriteer het. Soos wanneer iemand na sy arm wys wanneer hy my vra hoe laat dit is. Ek weet waar my horlosie is, pel – waar de fok is joune? Wys ek na my zobber as ek vra waar die toilet is??
Of soos wanneer iemand van sy stoel af opstaan en die hele donnerse kamer vol soek na die remote. Stap na die freaking tv, stel die volume op en kom sit op jou gat!! En as die drol dan die remote kry sal hy se: “Dis altyd op die laaste plek waar jy soek.” NATUURLIK KRY JY DIT OP DIE LAASTE PLEK WAAR JY SOEK!!! Watter idiot sal nou aanhou fokken soek as jy die ding klaar gekry het?

En as jy in ‘n fliek sit en iemand vra: “het jy dit gesien?“ NEE DUMBASS! Ek het R45 betaal om na die fliek se vloer te kom staar!!! Of as iemand vra : “Kan ek jou gou ‘n vraag vra?” Wil jy  dan nog ‘n fokken vraag vra, want jy’t my mos nou al klaar ‘n vraag gevra!!!

En dan se ‘n ou “jy sal my nie glo nie maar ek het 10kg verloor” Ag FORFUCKSAKES, vertel my dan iets wat ek sal glo! Of wanneer hierdie advertensie-etters iets adverteer as: “New and improved”. Wat is dit nou eintlik??? As iets nuut is, was daar mos nie iets voor dit nie, en as dit “improved” is, moes daar mos iets gewees het waarop “geimprove” is. So hoe die fok kan dit nou “new” EN “improved” wees??? Of as iemand se: Die lewe is kort. KAK MAN!!! Dis die langste fokken ding wat jy ooit sal beleef!!! Wat gaan jy doen wat langer as dit is???

Dan kry jy ‘n bekende wat jou raakloop by Newlands of by KKNK of whatever en hy/sy vra:  “Wat maak jy hier??” Ek het net gou kom kak en jy?

Raai wat??? Ek het weer begin drink!! Nie ek, Koko of Chris kon toe langer as 3 dae uithou nie.

(P.S. Ek het darem geen skade aan my of enige iemand se kar aangerig nie! Dit was alles net scare-tactics.)

1 comment:

blixem said...

Ok wanner kom die volgende post uit ek wag in spanning. Begin sommer self blog